Siries

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Siries (ܠܫܢܐ ܣܘܪܝܝܐ Leššānā Suryāyā; [/lɛʃʃɑːnɑː surjɑːjɑː/]) is 'n dialek van Aramees wat op 'n vroeëre stadium dwarsdeur die Midde-Ooste gepraat is. Die taal is lid van die Noordwes-Semitiese taalfamilie.

Thumb
Leššānā Suryāyā geskryf in die Siriese alfabet
Kitsfeite Siries ܠܫܢܐ ܣܘܪܝܝܐ Leššānā Suryāyā, Taalkodes ...

Siries het 'n kulturele en literêre invloed op die ontwikkeling van Arabies gehad wat dit in die 14de eeu n.C. vervang het. Siries word nog as die liturgiese taal deur Siriese kerke in die Midde-Ooste en Indië gebruik. Dit word ook as 'n minderheidstaal in Irak erken.

'n Moderne herlewing het beperkte sukses opgelewer, insluitend die skepping van Siriese koerante. Die taal word ook in sommige Assiriese skole in Indië, Israel, Irak en Swede geleer.

Dit word in die Siriese alfabet geskryf wat regstreeks van die Aramese alfabet afgelei is.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads