Skrotum
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die skrotum (sinonieme: teelsak, balsak) is die sak waarin die testikels (teelballe) hang. Dit bestaan uit 'n dun huidlaag met 'n spierlagie daaronder en is deur 'n tussenskot in twee verdeel. Dit kan beskryf word as 'n uitstulping van die abdomen van vel en spier waarin die testikels rus.[1] Die anatomiese ligging daarvan is tussen die penis en die anus. By sekere soogdiere soos die mens, raak die basis van die skrotum bedek met pubiese hare wanneer puberteit aanbreek. Die leek verwar dikwels die skrotum met die testikels. Die skrotum is homoloog aan die labia majora in die vroulike geslag.

1. Blaas, 2. Skaambeen, 3. Penis, 4. Swelliggaam, 5. Eikel, 6. Voorhuid, 7. Urinebuis, 8. Dikderm, 9. Rektum, 10. Saadblasie, 11. Saadleier, 12. Prostaat, 13. Cowper se klier, 14. Anus, 15. Saadleier, 16. Bytestis, 17. Testis, 18. Skrotum
Remove ads
Funksie

Dit blyk dat die skrotum ten doel het om die temperatuur van die testikels te verlaag na ongeveer 34,4 grade Celsius; laer as die res van die liggaam se temperatuur van 36,7 grade Celsius. Blootstelling aan die liggaam se hoër temperatuur skyn die spermtelling te verlaag. Om die skrotum se temperatuur konstant te hou, ontspan of trek die kremasterspier (in die abdomen) en die dartos fascia (in die skrotum) saam. Dit beweeg dan die skrotum (en die testikels) verder of nader aan die bekken en abdomen. Kontraksie van die spiervesels van die dartos fascia is onwillekeurig en laat die skrotumvel dikker en plooieriger lyk.
Remove ads
Siektetoestande van die skrotum
- Talgsist
- Kontakdermatitis
- Swaminfeksie
- Swelsel weens algemene mediese toestande, insluitende:
Verdere illustrasies
- Struktuur van die manlike geslagsdele.
- Vertikale deursnit van die blaas, penis en urienleier.
- Die oppervlakkige takke van die interne pudendale aar.
Sien ook
- Geslagsorgaan
- Kastrering
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads