Slag van Coronel
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Slag van Coronel het plaasgevind op 1 November 1914 in die Stille Oseaan tydens die Eerste Wêreldoorlog net wes van die kus van Chili. 'n Duitse vlooteskader, onder bevel van Vise-admiraal von Spee, het slaags geraak met 'n Britse vlooteskader onder bevel van Skout-admiraal sir Christopher Cradock.

Remove ads
Duitse vlooteskader
- Schanhorst, Kaptein: Schultz – dien ook as vlagskip met von Spee aan boord.
- Gneisenau, Kaptein: Maerker
- Leipzig, Kaptein: Haun
- Dresden, Kaptein: Lüdecke
- Nürnberg, Kaptein: von Schöberg
Britse vlooteskader
- HMS Good Hope, Kaptein: P Francklin – dien ook as vlagskip met Cradock aan boord.
- HMS Monmouth, Kaptein: F Brandt
- HMS Glasgow, Kaptein: J Luce
- HMS Otranto
Die geveg
Nadat die twee vloot eenhede van mekaar se teenwoordigheid bewus geword het, het hulle mekaar gekonfronteer. Op 31 Oktober het die Britse eenheid radio boodskappe van die Leipzig onderskep en daarna het Cradock die Duitse skepe gaan soek. Op 1 November 1914 om 16:20 het kaptein Luce die Duitse skepe waargeneem. In die slag wat volg is die Good Hope en die Monmouth gekelder terwyl die ander twee Britse skepe weggekom het.
Bron
- The Encyclopedia of Sea Warfare. Spring Books. 1975. ISBN 0-600-33111-3
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads