HMS Good Hope

From Wikipedia, the free encyclopedia

HMS Good Hope
Remove ads

HMS Good Hope was 'n Britse kruiser wat in 1902 gebou is. Die kruiser is so genoem omrede die Kaapse koloniale regering die koste gedra het as geskenk aan die Imperiale Tesourie. Dit het 14 000 ton geweeg en het twee 9.2-duim en sestien 6-duim kanonne gedra. Die skip was die vlagskip van admiraal sir Christopher Craddock in die Slag van Coronel aan die kus van Suid-Amerika tydens die Eerste Wêreldoorlog. Die skip is op 1 November 1914 gekelder.

Thumb
Die HMS Good Hope.
Remove ads

Bron

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads