Somerset-eiland
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Somerset-eiland (Engels: Somerset Island), die wêreld se 46ste grootste eiland en die twaalfde grootste eiland van Kanada, beslaan 'n oppervlakte van 24 786 km². Die eiland is in die noorde van Kanada in die Arktiese Oseaan geleë en maak deel uit van die gebied Nunavut. Somerset-eiland behoort tot die Kanadese Arktiese Argipel, met Prins van Wallis-eiland in die weste, Cornwallis-eiland in die noordweste, Devon-eiland in die noordooste, Baffin-eiland in die ooste en Boothia-skiereiland in die suide. Die eiland is genoem na die seremoniële graafskap Somerset in die suidweste van Engeland.

Remove ads
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Somerset-eiland.- (en) "Somerset Island". Encyclopædia Britannica. Besoek op 10 Mei 2020.
- (en) "Somerset Island". The Canadian Encyclopedia. Besoek op 10 Mei 2020.
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
