Spesiale karaktersː Unicode, ASCII, HTML

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Die tabel hieronder gee 'n lys van spesiale karaters met ooreenstemmende kodes in unicode, Ascii en HTML.

Ascii

In Windows kan Alt ingehou word en die Asciikode ingesleutel word om die spesiale karakter te tik. Om byvoorbeeld "ê" te tik, hou Alt in en druk 136. Die meeste mense is al vertroud hiermee.

Unicode

Unicode is 'n meer uitgebreide stelsel as die Asciistelsel en stem nie in alle opsigte ooreen met die Asciikodes nie. Byvoorbeeld, wanneer jy in Windows werk, kan 'n "ê" getik word deur die Asciikode te gebruik of die Unicodekodeː

  • Ascii: Alt-136
  • Unicode: Alt-0234

MS Word

Om 'n spesiale karakter in MS Word in te voeg indien jy die Unicodekode het, tik die Unicodekode in waar jy dit wil hê, selekteer dit en druk Alt-X.[1]

MS Excel

In Excel kan jy "UNICHAR" gebruik as jy die desimale kode het. Bv "=UNICHAR(931)" gee Σ

Indien jy die heksadesimale kode het, kan "HEX2DEC" gebruik word om die heksadesimaal om te skakel na desimaal.

Byvoorbeeldː =UNICHAR(HEX2DEC(41)) = UNICHAR(65) = "A"

Linux

Wanneer met Linux gewerk word, kan jy nie die Asciikodes gebruik nie, maar slegs die Unicode. En dan moet jy die heksadesimale kode gebruik. Om 'n spesiale karakter te tik, doen jy die volgende:

Ctrl-Shift + "U" + [heksadesimale Unicode]

Dus moet jy Ctrl en Shift inhou, dan druk jy "U" en dan die heksadesimale unicode. Indien die unicode met nulle begin, hoef dit nie getik te word nie.

Om byvoorbeeld 'n "ê" te tik, hou Ctrl en Shift in en druk U, E, A (Die unicode vir "ê" is 00EA)

HTML

Die HTML-kode word in HTML gebruik. Kolom "HTML" in die tabel hieronder kan in beide Wikipedia en HTML gebruik word, maar kolom "HTML(2)" kan slegs in HTML gebruik word.

Tabel

Kolom "Unicode(D)" bevat die desimale kode en kolom "Unicode(H)" bevat die heksadesimale kode van die karakter.

Kolom "Ascii bevat die Asciikode wat desimale waardes bevat. Vir die waardes in hierdie kolom kan die Alt-sleutel gebruik word om die kode in te tik. Kolom "Ascii" het egter nie kodes vir al die karakters nie. As jy die waarde in kolom "Unicode(D)" gebruik, kan jy steeds die Alt-sleutel gebruik, maar indien dit 'n driesyfer kode is, moet jy 'n nul ("0") vooraan sit. Dus, Alt + "0" + [kode]

Meer inligting Karakter, Unicode(D) ...
Remove ads

Boskrifte en onderskrifte

Meer inligting Karakter, Boskrif ...

Kyk ook

Voetnotas

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads