Unicode
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Unicode is 'n internasionale standaard vir die kodering van binêre kodes na grafiese tekens en simbole, vergelykbaar met die ASCII-standaard. Die standaard word onderhou deur die Unicode-konsortium. In teenstelling met ASCII (slegs Engels) of Latin-1 (slegs Wes-Europese tale) het Unicode ten doel om alle gebruikte skrifte (soos die Griekse alfabet en Chinese karakters) te ondersteun. Die standaard bevat tans ongeveer 100 000 gestandaardiseerde tekens en ongeveer 900 000 wat vir toekomstige gebruik gereserveer is.

Die standaard voorsien alle tekens en simbole ("karakters") van alle geskrewe tale van 'n nommer. Die Unicode-standaard skryf egter glad nie voor hoe karakters visueel voorgestel moet word nie.
Remove ads
Kyk ook
Eksterne skakels
- Tuisblad van die Unicode-werkgroep
- DecodeUnicode - Unicode-WIKI, 50 000 gifs
- Skakels na Unicode-kodebladsye
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Unicode. |
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads