Spookdorp

From Wikipedia, the free encyclopedia

Spookdorp
Remove ads

'n Spookdorp is 'n verlate dorp, stad, of ander nedersetting, gewoonlik een met aansienlike sigbare oorblywende geboue en infrastruktuur soos paaie. 'n Dorp word dikwels 'n spookdorp omdat die ekonomiese aktiwiteit wat dit ondersteun misluk het. Dit kan ook ontstaan as gevolg van natuurrampe of mense; soos oorstromings, langdurige droogtes, regeringsaksies, onbeheerde wetteloosheid, oorlog, besoedeling of kernrampe.

Thumb
Die spookdorp van Kolmanskop in Namibië.

Die term kan soms verwys na nedersettings wat nog steeds bevolk is, maar aansienlik minder as in vorige jare; byvoorbeeld diegene wat geraak word deur hoë vlakke van werkloosheid en verswakking.[1]

Sommige spookdorpe, veral dié wat periode-spesifieke argitektuur bewaar, het toeristeaantreklikhede geword. Enkele voorbeelde hiervan is Bannack in die Verenigde State, Barkerville in Kanada, Craco in Italië, Kolmanskop in Namibië, Pripyat in die Oekraïne, en Danushkodi in Indië.

Remove ads

Suid-Afrika

Daar is tien dorpe in die Noord-Kaap wat as spookdorpe klassifiseer[2]:

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads