Springhaas

From Wikipedia, the free encyclopedia

Springhaas
Remove ads

Die springhaas (Pedetes capensis) is nie werklik 'n haas nie, maar 'n knaagdier en die enigste lewende spesie in die familie Pedetidae. Hulle is dus nie verwant aan die kolhaas en vlakhaas nie. Hulle kom voor in feitlik die hele Suid-Afrika met die uitsondering van die suid-weste en kom ook voor in Botswana en Namibië.

Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...
Remove ads

Voorkoms

Die springhaas lyk meer soos 'n kangaroe as 'n haas; die voorste bene is baie kort en die agterste bene is baie lank en sterk. Die kleur varieer van ligte vaalbruin tot geelbruin terwyl die ken wit en die onderkant vuilwit is. Die stert het 'n breë swart kwas op die punt en is verder rooierig van kleur. Die oë is opvallend groot en die ore is smal en regop. Volwasse springhase het 'n gemiddelde massa van 4 kg en 'n lengte van ongeveer 80 cm.

Remove ads

Habitat en gewoontes

Die soogdier hou langs riviere of panne met afsettings van sanderige slikgrond. Hulle vermy swaar en harde grond. Hierdie diere is snags aktief en vreet hoofsaaklik plantmateriaal, maar sal soms ook insekte vreet. Oordag skuil hulle in gate in die grond. Drie tot vier kleintjies word telkens gebore. Springhase het 'n moontlike lewensduur van 7,5 jaar. Springhase se natuurlike vyande is die witkwasjakkals, Bruin hiëna, luiperd, gevlekte hiëna, leeu, rooikat, rooijakkals en jagluiperd.

Remove ads

Sien ook

Bronnelys

Remove ads
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads