Strandwolf

From Wikipedia, the free encyclopedia

Strandwolf
Remove ads

Die strandwolf, strandjut, of bruin hiëna (Hyaena brunnea) is 'n hiëna wat hoofsaaklik in die Kalahari en Namibwoestyne van suidelike Afrika voorkom. 'n Volwasse strandwolf het 'n gemiddelde massa van 65 kg en 'n hoogte van ongeveer 70 cm. Die wêreldbevolking van strandwolwe word deur die IUBN op 'n getal tussen 4 000 en 10 000 geskat en die bewaringstatus daarvan is op die IUBN-rooilys as byna-bedreig aangedui.[1]

Thumb
'n Strandwolfwelpie

Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...

Dit is hoofsaaklik 'n aasdier, maar sal ook klein diertjies jag. Omdat voedsel in die woestyn skaars is, vreet strandwolwe ook soms vrugte en vang soms ook robwelpies langs die kus van Namibië. Strandwolwe is dikwels die slagoffers van leeus en gevlekte hiënas, wanneer hulle te naby aan dié diere se prooi kom. Die strandwolf het 'n moontlike lewensduur van 24 jaar.

Strandwolwe is snags aktief en bly bedags in gate in die grond. Soms grawe hulle die gate self (tot 150 cm diep), maar hulle gebruik ook erdvarke se gate of natuurlike gate wat tussen rotse voorkom.

Die wyfie is 3 maande dragtig en baar telkens 2 tot 4 kleintjies.

Remove ads

Sien ook

Verwysings

Bronne

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads