Stephens-eilandrotswinterkoning
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Stephens-eilandrotswinterkoning (Xenicus lyalli) is 'n uitgestorwe sangvoël. Dit was die enigste sangvoël wat nie kon vlieg nie. Die voël het op die klein Stephens-eiland naby Nieu-Seeland voorgekom.
Remove ads
Beskrywing
Lionel Walter Rothschild beskryf die spesie in 1894 as Traversia lyalli, waarvoor hy die nuwe genus, Traversia skep.[2] Hy vernoem die spesie na Lyall, die wagter van die vuurtoring op Stephens-eiland. Vier maande later beskryf Walter Lawry Buller dieselfde spesie as Xenicus islandicus.[3]
Uitwissing
Die totale bevolking is in 1894 deur die vuurtoringwagter se kat uitgeroei. Die dier het al die monsters wat vir die beskrywing van die spesie gedien het gevang. Die toringwagter het die voëls ontdek, maar nie presies geweet wat dit is nie. Na 'n tyd is dit as 'n nuwe sangvoëlspesie geïdentifiseer. Ondertussen het die kat onder die voëls gemaai en die hele bevolking uitgemoor.[4] Die Stephens-eilandrotswinterkoning is die enigste gedokumenteerde diersoort, sover bekend wat nie deur mense nie, maar deur die huiskat uitgeroei is. Rothschild vermoed dat die spesie vroeër dalk ook op ander eilande en op Nieu-Seeland self voorgekom het, maar was reeds daar deur rotte, katte en ander siektes uitgeroei.
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
