Gewone sterretjie
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die gewone sterretjie of gewone seeswael (Sterna hirundo) is 'n voël wat aan die hele kuslyn van Suid-Afrika voorkom. In Engels staan die voël bekend as die common tern.
Remove ads
Voorkoms
Die gewone sterretjie is 'n mediumgrootte grys voël met 'n wit onderkant en 'n swart mus. Die snawel word rooi met 'n swart punt gedurende broeityd. Die voël lyk amper soos die Arktiese sterretjie (Sterna paradisaea) maar die pote en snawel is langer.
Habitat en gewoontes
Die voël vang vis aflandig en slaap op strande en riviermondings. Dit is 'n groepsvoël en word aangetref in die geselskap van meeue en ander sterretjies. Hulle broei in Europa of noordelike Asië en arriveer in die Suidelike Halfrond in die lente en somer.
Galery
- 'n Legsel van Sterna h. hirundo
- Kuiken op waterplante in die Donau-delta, Europa
- 'n Flot in Duitsland wat kunsmatige broeiplek verskaf
Sien ook
Bronne
- Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0
- Newman se Voëls volgens kleur. Kenneth Newman. 2000. ISBN 1-86872-449-2
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads