Studio 54
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Studio 54 is ’n Broadwayteater en voormalige nagklub by West 54th Street 254 in Manhattan, New York, VSA. Dit het op 8 November 1927 geopen as die Gallo Opera House en het later in die middel van die 20ste eeu as ’n uitsaai-ateljee gedien. Steve Rubell en Ian Schrager het die Studio 54-nagklub in 1977 geopen en baie van die oorspronklike teater- en uitsaaitoerusting behou. Die Roundabout Theatre Company het die ruimte in 1998 in ’n Broadwayteater omskep.

Remove ads
Geskiedenis

Die vervaardiger Fortune Gallo het in 1926 planne vir ’n operahuis aangekondig. Die Gallo-opera het op 8 November 1927 geopen, maar het vinnig bankrot gespeel en is herdoop tot die New Yorker Theatre.
Die lokaal het later ook as die Casino de Paree-nagklub gedien, en toe as die Palladium Music Hall, voordat die Federal Music Project van 1937 af drie jaar lank produksies daar aangebied het. CBS het die lokaal van 1942 af as ’n klankverhoog gebruik, en daarna as ’n televisieateljee tot in 1975.
Schrager en Rubell het die Studio 54-nagklub op 26 April 1977 geopen, terwyl disko's toenemend gewild geraak het in die VSA.[1] Die klub het berug geraak vir sy bekende gaste,[2] buitensporige toegangsbeleid,[3] weelderige partytjies, wydverspreide middelmisbruik en seksuele genotsug.[4][5] Studio 54 het in 1980 gesluit nadat Schrager en Rubell aan belastingontduiking skuldig bevind is. ’n Afgeskaalde weergawe van die nagklub het onder nuwe bestuur voortgegaan voordat dit in 1989 The Ritz-rockklub geword het, en in 1994 die Cabaret Royale-kroeg.
Die Roundabout Theatre Company het die lokaal in 1998 opgeknap om sy produksie van die musiekblyspel Cabaret daarheen te verskuif; dit was tot 2004 by Studio 54. Die moderne teater het sedertdien verskeie produksies per seisoen aangebied. Die hoofouditorium, met 1 006 sitplekke op twee vlakke, word aangevul deur twee verwante kabaretlokale: Upstairs at 54 op die tweede vloer sedert 2001, en 54 Below in die kelder sedert 2012. Die bloeitydperk van die klub van die 1970’ is in talle uitstallings, rolprente en musiekalbums uitgebeeld, en aandenkings van die nagklub verskyn gereeld op veilings.
Remove ads
Verwysings
Skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
