Subatomiese deeltjie

partikel wat kleiner as ’n atoom is From Wikipedia, the free encyclopedia

Subatomiese deeltjie
Remove ads

’n Subatomiese deeltjie is ’n partikel wat kleiner as ’n atoom is. Dit kan elementêr wees wanneer dit nie in kleiner dele opgedeel kan word nie, of saamgestel.

Thumb
Die deeltjies van die Standaardmodel.

In deeltjie- en kernfisika word dié deeltjies bestudeer, asook die wisselwerkings tussen hulle en die materie wat hulle vorm. Die meeste van die deeltjies wat al ontdek is en deel uitmaak van die Standaardmodel, kom egter nie onder normale omstandighede in die natuur voor nie; hulle word vervaardig in kosmiese strale en in botsings in deeltjieversnellers.

Remove ads

Soorte

Voorbeelde van sulke deeltjies is elektrone (’n elementêre deeltjie), protone en neutrone (saamgestelde deeltjies wat uit kwarke opgebou is), sowel as fotone en neutrino's, waarvan groot hoeveelhede in die son vervaardig word.

Elementêre deeltjies

Die elementêre deeltjies van die Standaardmodel is:[1]

In verskillende uitbreidings van die Standaardmodel word die bestaan van ’n elementêre graviton en talle ander elementêre deeltjies voorspel.

Saamgestelde deeltjies

Saamgestelde deeltjies sluit in:

Remove ads

Verdeling van ’n atoom

Die elektron met sy negatiewe elektriese lading het ’n massa van 11837 of 1836 van dié van ’n waterstofatoom. Die res van ’n waterstofatoom se massa kom van die positief gelaaide proton. ’n Element se atoomgetal is die getal protone in sy kern. Neutrone is neutrale deeltjies wat ’n effens groter massa as protone het. Verskillende isotope van dieselfde element bevat dieselfde getal protone, maar verskillende getalle neutrone. Die massagetal van ’n isotoop is die totale getal nukleone (neutrone plus protone).

Chemie gaan oor hoe elektrondeling atome in strukture soos kristalle en molekules bind. Kernfisika handel oor hoe protone en neutrone hulle in kerns rangskik. Die studie van subatomiese deeltjies, atome en molekules, en hulle struktuur en wisselwerkings, vereis kwantummeganika. Die ontleding van prosesse wat die getalle en soorte deeltjies verander, vereis kwantumveldteorie. Die studie van subatomiese deeltjies per se word deeltjiefisika genoem. Die term "hoëenergiefisika" is feitlik dieselfde as "deeltjiefisika" omdat die skepping van deeltjies hoë energie vereis: Dit gebeur net as gevolg van kosmiese straling of in deeltjieversnellers. Deeltjiefenomenologie sistematiseer die kennis oor subatomiese deeltjies wat uit hierdie eksperimente opgedoen word.[2]

Remove ads

Geskiedenis

Die term "subatomiese deeltjie" kom uit die 1960's en is gebruik om te onderskei tussen ’n groot aantal barione en mesone (wat hadrone insluit) en deeltjies wat nou as waarlik elementêr beskou word. Voorheen is hadrone gewoonlik as "elementêr" geklassifiseer omdat hulle samestelling onbekend was.

Van die deeltjies en hipotetiese deeltjies sluit in:

Meer inligting Deeltjie, Samestelling ...
Remove ads

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads