Suid-Ndebele
Taal in die Nguni-taalfamilie From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Suid-Ndebele (meestal net Ndebele in Suid-Afrika, ook isiNdebele in Ndebele) is 'n taal in die Nguni-taalfamilie. Dit is 'n amptelike taal van Suid-Afrika waar dit deur ongeveer 1 090 000 mense as moedertaal gepraat word (2011-sensus), hoofsaaklik in Mpumalanga, Gauteng, Noordwes en die Limpopoprovinsie.
- Hierdie artikel handel oor die Suid-Ndebeletaal. Vir die etniese groep van Suider-Afrika, sien Ndebeles.



Suid-Ndebele is baie nou verband aan Swazi. In Suid-Afrika is daar dialektiese verskille tussen die taal in die noorde en die suide van die ou Transvaal, bv. in Noord-Transvaalse Ndebele word die taal Nrebele genoem, en daar is verdere dialektiese verskille tussen Suid- en Noord-Ndebele. Die laasgenoemde staan ook bekend as Matabele, is nader verwant aan Zoeloe en word in Suid-Afrika, Zimbabwe en Botswana gepraat.
In die onlangse geskiedenis word Suid-Ndebele erg gemarginaliseer: tot en met die stigting van die Ndebele Bantoestan, KwaNdebele, was mense ontmoedig om die taal in die openbaar te gebruik. Meeste sprekers verkies om Zoeloe te praat, grootliks te danke daaraan dat laasgenoemde taal in skole aangebied word. Deesdae vaar die taal beter, en geniet beter beskerming omrede sy status as amptelike taal in Suid-Afrika.
Remove ads
Woorde
Algemene woorde en frases:
Remove ads
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels en bronne
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads