Susan Danford

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Susan Danford is ’n tweetalige Suid-Afrikaanse aktrise. Sy is veral bekend vir haar TV-rolle en verhoogwerk en het al in verskeie internasionale produksies verskyn.[1]

Kitsfeite Nasionaliteit, Beroep(e) ...

Op TV is sy veral bekend vir haar rol as Carien Vos in Binnelanders en Annette in 7de Laan. Sy speel ook onder regie van Katinka Heyns in Chris Barnard se Onder draai die duiwel rond, onder regie van Annie Basson in Paul C. Venter se Meester, en onder Regardt van den Bergh se spelleiding in Hein Eksteen se Vloeksteen.[2]

Sy werk ook dikwels op die verhoog in Afrikaans. Danford het byvoorbeeld die tol van Abigail in Arthur Miller se Die Salemverhoor gespeel. Sy was ook Jasmyn en Sandra in Deon Opperman se Skandaal 2 (onder regie van Lizz Meiring).

Danford het drama aan die Pretoria Technikon studeer. In 1999 verhuis sy met haar akteur-man Stephen Jennings na Kanada. Hulle het 5 jaar later teruggekeer en hulself in die Kaap gevestig. In 2006 is sy met die Fleur du Cap-prys vir Beste Akteur vereer.

Remove ads

Geselekteerde filmografie

Van die TV-reekse waarin sy gespeel het:

  • Binnelanders, 2005 as Carien Vos (TV-reeks)
  • 7de Laan, 2004 as Annette (TV-reeks)
  • Onder Draai die Duiwel Rond, 1997 as Sonja de Wet (TV-reeks)
  • Die Laksman, 1995 as Lydia Anderson (TV-reeks)
  • Meester, 1991 as Pauline Trollope (TV-reeks)

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads