Sy

From Wikipedia, the free encyclopedia

Sy
Remove ads

Sy is ’n proteïendraad, waarvan sommige soorte geweef kan word om materiaal te maak. Die sydraad bestaan hoofsaaklik uit fibroïen en word deur sekere insekte se larwes vervaardig om kokonne te maak.[1] Die beste bekende sy word verkry van die kokonne van die larwes van die moerbeisywurm, Bombyx mori. Die blink voorkoms van sy is vanweë die driehoekprisma-agtige struktuur van die draad, wat veroorsaak dat die materiaal inkomende lig teen verskillende hoeke weerkaats en so verskillende kleure vertoon.

Thumb
Vier van die belangrikste symotte wat aangehou word. Van bo na onder is:
Bombyx mori, Hyalophora cecropia, Antheraea pernyi, Samia cynthia.
Uit Meyers Konversations-Lexikon (1885-1892).
Thumb
Die rou sy van sywurms wat die natuurlike skynsel van die stof wys.

Sy word deur verskeie insekte vervaardig, maar net die sy van motruspes word gebruik vir tekstielvervaardiging. Daar is egter al navorsing gedoen oor ander soorte sy, wat op molekulêre vlak verskil.[2]

Sy word hoofsaaklik vervaardig deur die larwes van insekte wat volledige metamorfose ondergaan, maar sommige ander insekte soos webspinners (Embioptera) en spinnekoppe maak ook sy.[3]

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads