Synergy
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Synergy is 'n maatskappy wat deur die regering van Wes-Australië besit word. Synergy is Wes-Australië se grootste handelaar van energie met ongeveer 900 000 nywerheids-, kommersiële en huishoudelike kliënte met 'n totale jaarlikse inkomste van meer as $1,5 miljard (AUD).
Synergy verskaf kliënte wat aan die South West Interconnected System (SWIS) verbind is wat die gebied van Kalbarri in die noorde tot by Albany in die suide en Kalgoorlie in die ooste beslaan. Die maatskappy verkoop elektrisiteit aan huishoudelike en besigheidsgebruikers asook gas aan grootskaalse besighede.
Die primêre aktiwiteite van Synergy sluit in die aankoop van energie, bemarking en kliëntediens, die uitreik van rekenings en hantering van betalings. Synergy bestuur 'n kliënte dienssentrum en 'n beperkte telebemarkingsdiens. Verder word daar na groot kliënte se belange omgesien deur 'n span bestuurders wat aan sulke groot rekeninge toegewy is.
Synergy verkoop ook geakkrediteerde hernubare energie onder die NaturalPower en EasyGreen handelsname en verskaf ook 'n reeks dienste ten opsigte van energiedoeltreffendheid aan sy kliënte.
Remove ads
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads