Transkripsie

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Transkripsie in die taalkundige sin, is die sistematiese voorstelling van taal in geskrewe vorm. Die bron kan óf mondelingse uitsprake óf reedsbestaande teks in 'n ander skryfstelsel wees, alhoewel sommige taalkundiges slegs eersgenoemde as transkripsie beskou.

Mondelingse transkripsie

Transkripsie van mondelingse uitsprake is wanneer iemand neerskryf wat 'n ander persoon gesê het. Om dit te doen het 'n mens gewoonlik 'n opname van die gesprek nodig sodat dit getranskribeer kan word. Indien 'n persoon baie bekwaam is in snelskrif, kan gesprekke ook waarskynlik daarvan getranskribeer word, maar dit is beter om mondelingse gesprekke van 'n opname te transkribeer.

Transkripsie van een skryfstelsel na 'n ander skryfstelsel

Dit is byvoorbeeld die omskakeling van een alfabet in ’n ander, byvoorbeeld die Cyrilliese alfabet in die Latynse alfabet.

Die verskil tussen transkripsie van een skryfstelsel na 'n ander en vertaalwerk is .... {Iemand moet asb hier help.}

Die belangrikste vereiste van ’n transkripsiestelsel is dat ’n leser die oorspronklike uitspraak van ’n woord wat in ’n vreemde alfabet gespel is, korrek sal kan aflei. Dus moet dit getranskribeer word volgens die reëls van sy eie taal.

Dit lei tot verskillende spellings in verskillende tale, want elke taal spel die woord eie aan sy taalreëls. Die Russiese van Хрущёв kan byvoorbeeld op die volgende maniere getranskribeer word: Chroesjtsjof (Afrikaans), Khrushchev (Engels), Chroesjtsjov (Nederlands), Chruschtschow (Duits), Khrouchtchev (Frans), Chrusjtjov (Sweeds), Krusciov (Italiaans), Chruszczow (Pools), Hruščov (Kroaties), Hruscsov (Hongaars), Kruşçev (Turks), Χρουστσόφ (Grieks), חרושצ'וב (Hebreeus) en خوروشوف (Arabies).

Remove ads

Transkripsie-tabel

Hieronder volg voorbeelde van hoe die Afrikaanse en Engelse transkripsie van Russiese name en woorde verskil.

Meer inligting Cyrilliese letter(s), Engelse letter(s) ...

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads