Turks
taal From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Turks (Türkçe [ˈtyɾct͡ʃɛ] Turkiese taal wat die meeste gepraat word. Die meeste sprekers woon in Turkye en Siprus, met kleiner groepe in Irak, Griekeland, Bulgarye, Noord-Masedonië, Kosovo, Albanië en ander dele van Suidoos- en Oos-Europa. Turks is die amptelike taal van Turkye en die omstrede gebied Noord-Siprus. In Siprus is dit saam met Grieks die amptelike tale.
) word deur omtrent 84 miljoen mense wêreldwyd as eerste taal gepraat en is dus die
Amptelike taal in Turkye, Siprus en Noord-Siprus
Erkende minderheidstaal in Bosnië en Herzegowina, Roemenië en Griekeland
Lande waar dit erken word as 'n minderheidstaal en medeamptelik in minstens een munisipaliteit in Noord-Masedonië, Kosovo en Irak
- Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Turke.
In die weste het die invloed van Ottomaanse Turks, die Turkse taal wat in die administratiewe en literêre kringe van die Ottomaanse Ryk gebruik is, versprei namate die Ottomaanse Ryk uitgebrei het. In 1928 is die Ottomaanse Turkse alfabet met die Latynse alfabet vervang as een van Atatürk se hervormings in die vroeë jare van die Republiek Turkye.[2]
Sommige kenmerkende aspekte van die Turkse taal is vokaalharmonie en uitgebreide agglutinasie. Die basiese woordorde van Turks is onderwerp–voorwerp–werkwoord. Turks het geen naamwoordklasse of grammatikale geslag nie. Die taal maak gebruik van eerbewyse en maak onderskeid tussen verskillende vlakke van beleefdheid, sosiale afstand, ouderdom, hoflikheid en bekendheid teenoor die geadresseerde. Die meervoud tweedepersoon voornaamwoord en werkwoordvorme word gebruik wat verwys na 'n enkele persoon uit respek.[3]
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads