Twintig20

From Wikipedia, the free encyclopedia

Twintig20
Remove ads

Twintig20 (afgekort T20) is 'n vorm van krieket waar twee spanne elk 20 boulbeurte kry om vinnig soveel lopies moontlik te slaan. Dit is 'n relatief nuwe vorm van krieket en 'n wedstryd neem gewoonlik nie langer as drie ure nie. Twintig20 is in 2003 in Engeland bekendgestel. Die doel van die korter formaat is om krieket aantrekliker vir televisiekykers te maak.

Thumb
'n Twintig20-wedstryd tussen Engeland en Sri Lanka in volle swang. Twintig20-wedstryde word as gevolg van die korte duur daarvan dikwels in die aand en dus met 'n wit bal gespeel
Thumb
'n Indiese Premierligawedstryd op die Chepaukstadion tussen Chennai Super Kings en Kolkata Knight Riders
Thumb
Die Sri Lankaanse Lasith Malinga boul teen die Pakistanse Shahid Afridi tydens die T20I-wêreldbeker 2009 se eindstryd op Lord’s in Londen
Thumb
Perth Scorchers teen Hobart Hurricanes by die WACA tydens die BBL 01 (2011)

Sedert 2005 word Twintig20-wedstryde in internasionale verband gespeel (T20I). Sedert 2007 word daar ook in die T20I-wêreldbeker aangebied, sedert 2009 ook vir vroue. Die mees onlangse T20I-wêreldbeker 2024 is in die Verenigde State en Wes-Indië aangebied en deur Indië gewen.

Remove ads

Plaaslik

Dit is 'n lys van die huidige Twenty20-binnelandse kompetisies in verskeie van die voorste krieketlande.

Meer inligting Nasie, Plaaslike kompetisie ...
Remove ads

Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Twintig20.
  • (en) "Twenty20 cricket". Encyclopædia Britannica. Besoek op 13 November 2022.
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads