Klipnenta
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Klipnenta[1] (Tylecodon ventricosus (Burm.f.) Toelken) is 'n plant wat endemies aan Suid-Afrika is en in die provinsies Wes-Kaap, Oos-Kaap en Noord-Kaap voorkom. Op die SANBI-rooilys word dit as 'veilig' gelys.[2]
Dit is 'n stam- en blaarsukkulent wat uit 'n gedeeltelik ondergrondse verdikte wortelstok groei. Dit vorm stompige spreidende takke wat 30 cm hoog en 2 cm in deursnee kan word. Die plant is bladwisselend en die blare is langwerpig lansvormig en effens behaard. Die bloeiwyse is trosvormig en die blomme staan in groepies van 2-3 by mekaar. Die blomme is gelerig groen aan die basis en word perserig bruin na die effens teruggeboë toppe toe.[3]
Nes ander spesies van die genus Tylecodon is hierdie plant giftig vir skape en veroorsaak die simptome van krimpsiekte.[4]
Remove ads
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads