USS Nimitz

From Wikipedia, the free encyclopedia

USS Nimitz
Remove ads

Die USS Nimitz is 'n kernaangedrewe vliegdekskip van die Amerikaanse Vloot. Hy het sy naam verleen aan die Nimitz-klas vliegdekskepe.

Kitsfeite Naam, Klas en tipe ...
Remove ads

Geskiedenis

Op 1 Julie 1966 is fondse goedgekeur deur die Amerikaanse Kongres om Nimitz te bou. Daar is beplan vir voltooiing gedurende 1971. Sy kiel is gelê in 1968. Hy is toegerus met slegs twee kernkragreaktors - teenooor die agt van die USS Enterprise (CVN-65). Hy is voltooi en in diens gestel op 3 Mei 1975 teen 'n koste van VS$1,881 miljard.

Tegniese besonderhede

Hy verplaas 100 020 ton water met vol vrag - en is 332,9 m lank, 76,8 m breed en het 'n diepgang van 11,3 m. Hy word aangedryf deur twee A4W kernreaktors wat vier stelle General Electric stoomturbines aandryf. Die turbines lewer 280 000 dryfasperdekrag gesamentlik. Dié krag kan 'n topspoed van 31,5 knope verseker. Hy dra meer as 90 vliegtuie en helikopters. Vir selfbeskerming is hy toegerus met grond-tot-lugmissiele.

Remove ads

Bron

  • The US War Machine. Salamander Books. 1979. ISBN O-86101-016-7
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads