Amerikaanse Vloot
vloot-oorlogvoeringstak van die Amerikaanse Gewapende Magte From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Amerikaanse Vloot (Engels: United States Navy, afgekort USN) is die vloot-oorlogvoeringstak van die Amerikaanse Gewapende Magte en een van die sewe uniformdienste van die Verenigde State van Amerika. Dit word beraam om groter te wees as die volgende 13 grootste vlote gekombineer in terme van tonnemaat van gevegsvloot in 2009.[4][5]

Die Amerikaanse Vloot het ook die wêreld se grootste vliegdekvloot, met elf in diens, twee onder konstruksie,[6] ses beplan, en twee in aktiewe reserwe. Die diens het 336 978 personeel op aktiewe diens en 101 580 in die Vlootreserwemag. Dit bedryf 299 skepe op aktiewe diens en het meer as 4 000 operasionele vliegtuie.
Die Amerikaanse Vloot het sy oorsprong uit die Kontinentale Vloot, wat tydens die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog gestig is. Dit het 'n belangrike rol gespeel in die Amerikaanse Burgeroorlog om die Konfederasie te blokkeer, asook met die beslaglegging en beheer van sy riviere. Die vloot het 'n sentrale rol gespeel in die nederlaag van Japan tydens die Tweede Wêreldoorlog.
Die 21ste eeuse Amerikaanse Vloot hou 'n aansienlike internasionale teenwoordigheid, en is ontplooi in gebiede soos Oos-Asië, die Middellandse See, en die Midde Ooste. Dit is 'n blouwatervloot met die vermoë om slaankrag en ondersteuning te bied aan operasies aan al die kusstreke van die wêreld, betrokke te raak in areas tydens vredestyd, en vinnig te reageer op enige plaaslike krisisse. Dít maak van die vloot 'n aktiewe rolspeler in die afdwing van Amerikaanse buitelandse beleid en sy globale verdediging.
Remove ads
Galery
- USS Port Royal vertrek op ontplooiing uit Pearl Harbor, Hawaii, 3 Sep 2003
- Amfibiese aanvalsvaartuie van die Amerikaanse Vloot
- Die VS Vloot se Sea Shadow verskuilde vaartuig
- USS San Diego (LPD-22) ontvang haar kommissie, 19 Mei 2012
- USS Virginia keer terug na die General Dynamics Electric skeepwerf
- USS San Antonio, 'n amfibiese transportdok (29 April 2005)
- USS John F. Kennedy seil verby die Rots van Gibraltar terwyl dit die Middelandse See verlaat.
- Vier gestapelde Super Hornets vlieg oor die westelike Stille Oseaan (25 Okt. 2003)
- Lugwapenordonanse laai 500-pond lasergeleide bomme op 'n wapentros onder aan 'n Grumman F-14 Tomcat.
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads