Václav Havel
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Vaclav Havel ( va ː t͡slaf ɦavɛl ) (* 5 Oktober 1936 in Praag; † 18 Desember 2011 in Vlčice-Hrádeček,[1][2] Okres Trutnov, Královéhradecký kraj) was 'n Tsjeggiese dramaturg, skrywer, digter en politikus, wat tydens die kommunistiese tydperk een van die leidende teenstanders van die bewind was.


Havel was die tiende en laaste president van Tsjeggo-Slowakye (1989–1992) en die eerste president van die Tsjeggiese Republiek (1993–2003). Hy het meer as 20 dramas en talle nie-fiksiewerke geskryf wat in verskeie tale vertaal is. Havel het verskeie internasionale toekennings ontvang waaronder die Verenigde State van Amerika se Presidensiële Medalje van Vryheid en die Orde van Kanada.
Havel was 'n stigterslid-ondertekenaar van die Praag-Verklaring oor die Europese gewete en kommunisme.[3] Ten tye van sy dood was hy voorsitter van die New York-gebaseerde Human Rights Foundation. Hy was ook die stigter van die VIZE97 Foundation, en die globale konferensie Forum 2000 wat jaarliks gehou word.
Sedert die 1960's het sy aktiwiteite al hoe meer op die politiek van Tsjeggo-Slowakye begin fokus. Ná die kortstondige tydperk van politieke bevryding in Tsjeggo-Slowakye, wat as die Praagse Lente bekend gestaan het, het hy steeds meer aktief geword. In 1977 het sy betrokkenheid by die menseregte-manifes Handves 77 hom internasionale roem as die leier van die opposisie in Tsjeggo-Slowakye besorg, wat ook gelei het tot sy gevangenskap.
In 1989 het die vreedsame omverwerping van kommunisme in Tseggo-Slowakye, waarna dikwels as Fluweelrevolusie verwys word, tot Havel se verkiesing tot president gelei. In hierdie rol het hy Tsjeggo-Slowakye en later die Tsjeggiese Republiek se veelparty-demokrasie gelei. Sy dertien jaar in die presidensie is geassosieer met radikale verandering in sy land, insluitend die skeiding met Slowakye, wat Havel teengestaan het, toetreding tot NAVO en die begin van die onderhandeling om lidmaatskap van die Europese Unie, wat in 2004 bereik is.
Remove ads
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads