Van Coke Kartel

From Wikipedia, the free encyclopedia

Van Coke Kartel
Remove ads

Van Coke Kartel is ’n Afrikaanse rockgroep. Die groep bestaan uit Francois van Coke (stem & kitaar), Wynand Myburgh (baskitaar), Jedd Kossew (kitaar, stem), Dylan Hunt (tromme). In 2009 ontvang hulle ’n SAMA-toekenning in die kategorie beste Afrikaanse rock-album vir Waaksaam & Wakker.[1]

Kitsfeite Agtergrondinligting, Oorsprong ...

Na vyf vollengte albums, verskeie tromspelers, vele toekennings, internasionale toere soos Taiwan en Europa, het hulle besluit om die tuig neer te lê. Van Coke Kartel het saam met internasionale groepe soos Metallica, Thirty Seconds to Mars, Korn, Chris Cornell, Good Charlotte en Billy Talent 'n verhoog gedeel.

“Van Coke Kartel was ‘n mal rit.  Vir baie jare was hierdie projek my en Francois se hoof fokus.  Baie werk het hier ingegaan en ons het vir seker baie geleer. Dis hartseer om te dink dat dit nou alles tot ‘n einde kom.  Ek is wel opgewonde om hierdie sirkus vir een laaste keer op die pad te neem!” Wynand Myburgh.

Nadat hulle 16 maande laas 'n konsert gedoen het, het die groep vir ou laas 'n finale toer in 2017 gedoen.

Van Coke Kartel los beslis 'n nalatenskap van onwrikbare, onuitputbare rock-musiek wat nooit vergeet sal word nie.

Remove ads

Diskografie

  • Van Coke Kartel, 2007
  • Waaksaam & Wakker, 2008
  • Skop, Skiet & Donner, 2010
  • Wie’s Bang?, 2011
  • Bloed, Sweet & Trane, 2013

Toekennings

  • SAMA-toekenning vir Beste Rock-Album, Waaksaam & Wakker (2008)

Verwysings

Sien ook

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads