Vrouerugbywêreldbeker 2014
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Vrouerugbywêreldbeker 2014 (Frans: Coupe du monde de rugby féminin 2014) is van 20 tot 17 Augustus 2014 in Frankryk beslis. Dit was die sewende vrouerugbywêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse vrouerugbywêreldkampioenskap en die vyfde wat deur die Internasionale Rugbyraad (IRR; nou Wêreldrugby) aangebied is. Die groepfase is op die Centre national du rugby in Marcoussis aangebied, terwyl die uitklopfase op die Paryse Stade Jean-Bouin gehou is.
Twaalf nasionale vrouerugbyspanne het aan die Vrouerugbywêreldbeker 2014 deelgeneem: Australië, Engeland, Frankryk, Ierland, Kanada, Kasakstan, Nieu-Seeland, Samoa, Suid-Afrika, Spanje, die Verenigde State en Wallis. Tydens die Vrouerugbywêreldbeker 2014 is 30 wedstryde gespeel.
Engeland het die eindstryd op die Stade Jean-Bouin in Parys teen Kanada met 21–9 gewen en sodoende sy tweede vrouerugbywêreldbekertitel ingepalm. Frankryk het in die derde en Ierland in die vierde plek geëindig. Die verdedigende kampioen Nieu-Seeland het die vyfde plek behaal.
Remove ads
Toewysing
Van 27 Augustus 2009 af het die wêreldbeheerliggaam Internasionale Rugbyraad (IRR; nou Wêreldrugby) belangstellende beheerliggame genooi om ’n bod in te dien vir die Vrouerugbywêreldbeker 2014. Tot op 30 Oktober 2009 kon belangstellende beheerliggame hul bod indien met die gasvroue wat op 12 Mei aangekondig is. Die aankondiging van die gasvroue is as ’n belangrike stap in die vrouerugby se geskiedenis beskou, aangesien die wêreldbeheerliggaam geen vorige vrouerugbywêreldbekertoernooi op hierdie manier in die media aangekondig het nie, ook nie met só ’n lang aanlooptyd nie. Daarbenewens het die gasvroue vier jaar tyd gehad om die toernooi voor te berei, twee keer so lank as by vorige toernooie. Die aankondiging was ook belangrik, omdat die wêreldbeheerliggaam vir die eerste keer die “nieamptelike” toernooie in 1991 en 1994 op sy amptelike toernooilys gelys het.[1]
Op 21 Desember 2009 het die IRR die amptelike kandidaatlys vir die toernooi bekendgemaak:[2]
Nadat die toewysing egter tot in September 2010 uitgestel is, het die IRR aangekondig om die aansoekproses van vooraf te begin. Op 30 Junie 2011 het die IRR die toernooi aan Frankryk toegewys.[3][4]
Remove ads
Deelnemers
Die drie beste spanne van die Vrouerugbywêreldbeker 2010 – Australië, Engeland en Nieu-Seeland – het almal regstreeks gekwalifiseer. Kanada en die Verenigde State het as die enigste belangstellende spanne van hul streek gekwalifiseer. Ierland, Kasakstan, Samoa, Spanje, Suid-Afrika en Wallis het tydens plaaslike toernooie gekwalifiseer.

Gasvroue
Drie beste spanne van die 2010-toernooi
Wenner van die plaaslike kwalifisering
Versuim om te kwalifiseer
Nie deelgeneem nie
Remove ads
Stadions
Die groepfase is op die Centre national du rugby in Marcoussis aangebied, terwyl die uitklopfase op die Paryse Stade Jean-Bouin gehou is.
Formaat
Die Vrouerugbywêreldbeker 2014 is oor 17 dae tussen twaalf verskillende spanne oor 30 wedstryde beslis. Dit het op 1 Augustus 2014 op die Centre national du Rugby in Marcoussis met die openingswedstryd tussen Kasakstan en Nieu-Seeland afgeskop. Die toernooi het geëindig op 17 Augustus op die Stade Jean-Bouin in Parys met die eindstryd tussen Engeland en Kanada, waartydens die Rose die trofee ingepalm het.
Kalender
Die volgende tabel dui die Vrouerugbywêreldbeker 2014 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n siaan blokkie op uitspeelwedstryde, ’n groen blokkie op uitklopwedstryde, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
Groepe
Groepfase
Die sewende Vrouerugbywêreldbekertoernooi is deur twaalf nasionale vrouerugbyspanne beslis. Vir die groepfase is die twaalf deelnemende spanne in vier groepe van drie elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:[5]
- Vier wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
- Twee vir ’n gelykop;
- geen vir ’n nederlaag;
- Een bonuspunt vir die druk van vier of meer drieë, of ’n nederlaag met sewe punte of minder.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die vier beste spanne wat na die uitkloprondte deurgedring het, terwyl die naasbeste vier spanne aan die uitspeelrondte om die plekke 5 tot 8 deelgeneem het en die vier swakste spanne aan die uitspeelrondte om die plekke 9 tot 12.
Uitspeel- en uitklopfase
Van die begin van die uitspeel- en uitklopfases af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit vier wedstryde elk bestaan het: twee halfeindstryde, twee uitspeelwedstryde en die eindstryd, waarby die uitkloprondte uit twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd bestaan het.
Die vier beste spanne van die groepfase het na die uitkloprondte deurgedring. Die beste span van die groepfase het die vierde beste span ontmoet en die tweede beste span die derde beste span. Die naasbeste vyfde tot agtste spanne het die uitspeelwedstryde om die plekke 5 tot 8 beslis, met die vyfbeste span wat in die halfeindstryd die agtbeste span ontmoet het en die sesde geplaaste span die sewende. Die spanne wat in die groepfase negende tot twaalfde geëindig het, het aan die uitspeelwedstryde om die plekke nege tot twaalf deelgeneem, met die negende geplaaste span wat die twaalfde ontmoet het en die tiende die elfde.
2014-effek op 2017-kwalifisering
Die sewe beste spanne van die toernooi het regstreeks vir die volgende Vrouerugbywêreldbeker 2017 in Ierland gekwalifiseer. Hulle was Australië, Engeland, Frankryk, Ierland, Kanada, Nieu-Seeland en die Verenigde State.
Remove ads
Betrokkenes
Wedstrydbeamptes
’n Paneel van agt skeidsregters en ses lynregters is vir die toernooi ingespan.[6]
Skeidsregters
|
Lynregters
|
Remove ads
Wedstryde
Die wedstryde is in drie fases opgedeel, naamlik die groepfase, die uitkloprondte en die uitspeelrondte.
Groepfase
Twaalf spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die vier beste spanne van die groepfase het na die uitkloprondte deurgedring, terwyl die vier naasbeste spanne aan die uitspeelwedstryde 5–8 en die vier swakste spanne aan die uitspeelwedstryde 9–12 deelgeneem het.
Groep A
1 Augustus 2014 | Kanada ![]() |
31–7 | ![]() |
Centre national du Rugby, Marcoussis | |
1 Augustus 2014 | Engeland ![]() |
65–3 | ![]() |
Centre national du Rugby, Marcoussis | |
5 Augustus 2014 | Engeland ![]() |
45–5 | ![]() |
Centre national du Rugby, Marcoussis | |
5 Augustus 2014 | Kanada ![]() |
42–7 | ![]() |
Centre national du Rugby, Marcoussis | |
9 Augustus 2014 | Spanje ![]() |
41–5 | ![]() |
Centre national du Rugby, Marcoussis | |
9 Augustus 2014 | Engeland ![]() |
13–13 | ![]() |
Centre national du Rugby, Marcoussis | |
Groep B
1 Augustus 2014 | Nieu-Seeland ![]() |
79–5 | ![]() |
Centre national du Rugby, Marcoussis | |
1 Augustus 2014 | Verenigde State ![]() |
17–23 | ![]() |
Centre national du Rugby, Marcoussis | |
5 Augustus 2014 | Verenigde State ![]() |
47–7 | ![]() |
Centre national du Rugby, Marcoussis | |
5 Augustus 2014 | Nieu-Seeland ![]() |
14–17 | ![]() |
Centre national du Rugby, Marcoussis | |
9 Augustus 2014 | Ierland ![]() |
40–5 | ![]() |
Centre national du Rugby, Marcoussis | |
9 Augustus 2014 | Nieu-Seeland ![]() |
34–3 | ![]() |
Centre national du Rugby, Marcoussis | |
Groep C
1 Augustus 2014 | Australië ![]() |
26–3 | ![]() |
Centre national du Rugby, Marcoussis | |
1 Augustus 2014 | Frankryk ![]() |
26–0 | ![]() |
Centre national du Rugby, Marcoussis | |
5 Augustus 2014 | Australië ![]() |
25–3 | ![]() |
Centre national du Rugby, Marcoussis | |
5 Augustus 2014 | Frankryk ![]() |
55–3 | ![]() |
Centre national du Rugby, Marcoussis | |
9 Augustus 2014 | Wallis ![]() |
35–3 | ![]() |
Centre national du Rugby, Marcoussis | |
9 Augustus 2014 | Australië ![]() |
3–17 | ![]() |
Centre national du Rugby, Marcoussis | |
Uitspeelwedstryde
Om die negende plek
Halfeindrondte | Eindrondte | ||||||
13 Augustus – Marcoussis | |||||||
![]() |
25 | ||||||
![]() |
24 | ||||||
17 Augustus – Marcoussis | |||||||
![]() |
0 | ||||||
![]() |
36 | ||||||
Derde plek | |||||||
13 Augustus – Marcoussis | 17 Augustus – Marcoussis | ||||||
![]() |
18 | ![]() |
31 | ||||
![]() |
5 | ![]() |
0 |
Halfeindrondte
13 Augustus 2014 | Suid-Afrika ![]() |
25–24 | ![]() |
Centre national du Rugby, Marcoussis | |
13 Augustus 2014 | Spanje ![]() |
18–5 | ![]() |
Centre national du Rugby, Marcoussis | |
11de plek
17 Augustus 2014 | Samoa ![]() |
31–0 | ![]() |
Centre national du Rugby, Marcoussis | |
Eindstryd (9de plek)
17 Augustus 2014 | Suid-Afrika ![]() |
0–36 | ![]() |
Centre national du Rugby, Marcoussis | |
Om die vyfde plek
Halfeindrondte | Eindrondte | ||||||
13 Augustus – Marcoussis | |||||||
![]() |
20 | ||||||
![]() |
23 | ||||||
17 Augustus – Parys | |||||||
![]() |
5 | ||||||
![]() |
55 | ||||||
Derde plek | |||||||
13 Augustus – Parys | 17 Augustus – Marcoussis | ||||||
![]() |
63 | ![]() |
30 | ||||
![]() |
7 | ![]() |
3 |
Halfeindrondte
13 Augustus 2014 | Australië ![]() |
20–23 | ![]() |
Centre national du Rugby, Marcoussis | |
13 Augustus 2014 | Nieu-Seeland ![]() |
63–7 | ![]() |
Stade Jean-Bouin, Parys | |
7de plek
17 Augustus 2014 | Australië ![]() |
30–3 | ![]() |
Centre national du Rugby, Marcoussis | |
Eindstryd (5de plek)
17 Augustus 2014 | Verenigde State ![]() |
5–55 | ![]() |
Stade Jean-Bouin, Parys | |
Uitklopwedstryde

Halfeindrondte | Eindrondte | ||||||
13 Augustus – Parys | |||||||
![]() |
7 | ||||||
![]() |
40 | ||||||
17 Augustus – Parys | |||||||
![]() |
21 | ||||||
![]() |
9 | ||||||
Derde plek | |||||||
13 Augustus – Parys | 17 Augustus – Parys | ||||||
![]() |
16 | ![]() |
18 | ||||
![]() |
18 | ![]() |
25 |
Halfeindrondte
13 Augustus 2014 | Ierland ![]() |
7–40 | ![]() |
Stade Jean-Bouin, Parys | |
13 Augustus 2014 | Frankryk ![]() |
16–18 | ![]() |
Stade Jean-Bouin, Parys | |
Bronseindstryd
17 Augustus 2014 | Ierland ![]() |
18–25 | ![]() |
Stade Jean-Bouin, Parys | |
Eindstryd
17 Augustus 2014 | Engeland ![]() |
21–9 | ![]() |
Stade Jean-Bouin, Parys | |
Vrouerugbywêreldkampioen 2014 |
---|
![]() |
Remove ads
Statistiek
Finale puntestand
Hierdie tabel toon die finale puntestand van al twaalf deelnemende nasionale vrouerugbyspanne in die Vrouerugbywêreldbeker 2014.

Kampioen
Naaswenner
Derde plek
Vierde plek
Vyfde plek
Sesde plek
Sewende en agtste plek
Negende tot twaalfde plek
Nie deelgeneem nie
Meeste punte en drieë
Remove ads
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads