Engelse nasionale vrouerugbyspan
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Engelse nasionale vrouerugbyspan (Engels: England women’s national rugby union team) is die nasionale vrouerugbyspan wat Engeland in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Rugby word in Engeland deur die Rugbyvoetbalunie (Rugby Football Union, RFU) geadministreer. Engeland neem jaarliks aan die Sesnasies-vrouetoernooi deel, saam met Frankryk, Ierland, Italië, Skotland en Wallis. Engeland het die kampioenskap reeds 21 keer gewen, insluitende 19 Grand Slams en 25 Driekrone, by altesaam 30 toernooie.
Engeland het sy eerste toetswedstryd in 1987 gespeel, toe hulle weg in Pontypool Wallis geklop het. Engelse spelers dra tradisioneel wit broeke, vlootblou kouse en wit truie met ’n geborduurde rooi roos – wat aan die Huis van Lancaster ontleen is – daarop. Die span se tuisstadion is oorwegend Twickenham.
Engeland se belangrikste internasionale verskyning is tydens die vierjaarlikse vrouerugbywêreldbekertoernooi wat sedert 1991 beslis word. Tydens die eerste Vrouerugbywêreldbeker 1991 kon hulle die eindstryd haal, maar hulle is deur die Verenigde State geklop. In 1994 en 2014 het die Engelse hul twee titels ingepalm, terwyl hulle vyf ander keer die eindstryd kon haal maar telkens teen Nieu-Seeland vasgeval het. Engeland het die Vrouerugbywêreldbeker 2010 aangebied en hulle huisves ook die Vrouerugbywêreldbeker 2025. Drie voormalige Engelse rugbyspelers is in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem. Engeland is tans (Junie 2025) eerste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[2]
Remove ads
Beheerliggaam
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Engelse Rugbyvoetbalunie.

Die beheerliggaam vir rugby in Engeland is die Rugbyvoetbalunie (Rugby Football Union, RFU). Die RFU is op 26 Januarie 1871 gestig.[3] Dit is die oudste rugbybeheerliggaam ter wêreld en het in 1890 by die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) aangesluit.[4] In 1999 het England met die aansluiting van die Fédération Internationale de Rugby Amateur (FIRA; nou Rugby Europa) by die IRVR ook ’n lid van dié kontinentale beheerliggaam geword.[5] Die belangrikste Engelse rugbytoernooi is die Engelse Vrouepremierskap, waaraan nege klubs deelneem.[6]
Remove ads
Geskiedenis

Voor 2009 het die Engelse nasionale vrouerugbyspan ’n ander embleem en kenteken gebruik as die mansspan. Sedert die samesmelting van die Vrouerugbyvoetbalunie met die Rugbyvoetbalunie in 2009 gebruik die vrouespan ook die mansspan se kenteken.
Engeland het aan al die vrouerugbywêreldbekertoernooie deelgeneem en hulle kon die toernooie in 1994 en 2014 wen en het nog ses keer as naaswenners geëindig.
In 1995/1996 is vir die eerste keer die Tuisnasies-toernooi tussen Engeland, Ierland, Skotland en Wallis beslis wat die Engelse kon beklink. Daarna kon hulle byna al die toernooie inpalm met uitsondering van 1997/98, waar die Skotte geseëvier het.
In 1998/99 het Frankryk by die toernooi aangesluit, waarmee dit die Vyfnasies-toernooi geword het. In die toernooi se eerste drie jaar het Engeland dit saam met ’n Grand Slams gewen.
In 2001/02 het Ierland in voorbereiding op die Vrouerugbywêreldbeker 2002 by die toernooi heraangesluit, waarmee dit die Sesnasies-toernooi geword het. Sedertdien het Engeland slegs twee keer swakker as die tweede plek gevaar, in onderskeidelik 2013 en 2015, en 16 titels ingepalm, waaronder sewe agtereenvolgende titels van 2006 tot 2012 met nog 14 Grand Slams, insluitende vier agtereenvolgende keer tussen 2022 en 2025.
Remove ads
Kleure, embleem en naam

Engelse rugbyspelers speel gewoonlik in wit truie en ’n wit kortbroek met oorwegend donkerblou sokkies. Die embleem op die trui is ’n rooi roos pleks van die drie leeus op die truie van die sokkerspan en die krieketspan.
Tuisstadion
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Twickenham-stadion.

Twickenham in die suidweste van Londen is die grootste suiwer rugbystadion wêreldwyd. In dié stadion word meestal belangrike toetswedstryde beslis wat groot skare lok. Ter verspreiding van vrouerugby word ook ander Engelse stadions soos die Welford Road-stadion in Leicester of die York Community-stadion in York gebruik.
Vrouerugbywêreldbekerstadions
Engeland het die Vrouerugbywêreldbeker 2010 aangebied en sal ook as gasvroue van die Vrouerugbywêreldbeker 2025 optree.[7] Die 2010-toernooi se groepfase is op die Surrey Sportspark in Guildford beslis, terwyl die uitklopfase op die Londense Twickenham Stoop gehou is.
Remove ads
Toetswedstryde
Engeland het 282 van sy 328 toetswedstryde gewen, ’n wenrekord van 86,00%. Engeland se statistieke in toetswedstryde teen al die lande, in alfabetiese volgorde, is soos volg (korrek teen Junie 2025):
Remove ads
Wedywering met ander nasionale spanne
Veral met die nasionale spanne van die naburige Britse Tuisnasies handhaaf die Engelse ’n intensiewe wedywering. Van die 33 toetswedstryde tot dusver teen Skotland het Engeland 31 gewen en Skotland twee. Gedurende wêreldbekertoernooie het albei spanne tot dusver een keer ontmoet (in 1994) en Engeland het dié wedstryd gewen.
Engeland en Frankryk het tot dusver in 57 toetswedstryde ontmoet, waarvan Engeland 44 gewen het en Frankryk 13. Gedurende wêreldbekertoernooie het albei spanne tot dusver vier keer ontmoet, waarvan Engeland al die wedstryde gewen het. Wedstryde tussen albei spanne word deur die pers en die ondersteuners in albei lande Le Crunch genoem.[8]
Engeland en Ierland het tot dusver in 33 toetswedstryde ontmoet, waarvan Engeland 31 gewen het en Ierland twee. Gedurende wêreldbekertoernooie het albei spanne tot dusver drie keer ontmoet (groepwedstryde in 2006 en 2010 asook kwarteindstryd in 2014), waarvan Engeland al die wedstryde gewen het. Engeland en Wallis het tot dusver in 44 toetswedstryde ontmoet, waarvan Engeland 42 gewen het en Wallis twee. Gedurende wêreldbekertoernooie het albei spanne tot dusver nog nie ontmoet nie.
Net soos die ander rugbylande van die Noordelike Halfrond handhaaf Engeland ’n wedywering met die groot spanne van die Suidelike Halfrond. Eweneens het Engeland tydens vyf eindstrydverskynings teen Nieu-Seeland te staan gekom, maar hulle is telkens geklop. Engeland handhaaf ook ’n sekere mededinging met Australië, waarvan Engeland al die sewe ontmoetings kon wen. ’n Bykomende aspek in hul wedywering met Australië is die sedert die laat 19de eeu bestaande intensiewe, sportiewe wedywering tussen Australië en Engeland, wat ook in ander sportsoorte (veral krieket en op die Statebondspele) ’n besondere status geniet.[9]
Engeland handhaaf ook ’n sekere wedywering met Kanada. Engeland en Kanada het tot dusver in 37 toetswedstryde ontmoet, waarvan Engeland 33 gewen het en Kanada drie, met een gelykopuitslag. Daarbenewens het albei spanne in een eindstryd ontmoet en ook een bronseindstryd beslis (wat Engeland albei kon wen). Daarnaas handhaaf Engeland ook ’n sekere wedywering met die Verenigde State. Engeland en die Verenigde State het tot dusver in 21 toetswedstryde ontmoet, waarvan Engeland 20 gewen het en die Verenigde State een. Engeland en die Verenigde State het in twee eindstryde ontmoet (me een oorwinning en nederlaag elk).
Remove ads
Rekords
Wêreldbekerrekord
Engeland het tot dusver aan elke vrouerugbywêreldbekertoernooi deelgeneem en kon twee toernooie beklink: die tweede toernooi in 1994 en die sewende toernooi in 2014. Daarmee het die Red Roses die eerste span geword wat die titel twee keer kon wen. Daarbenewens het die Engelse span ses keer as naaswenner geëindig.
Tuisnasies / Vyfnasies / Sesnasies
Engeland se enigste jaarlikse toernooi is die Sesnasies-vrouetoernooi waartydens hulle teen vyf ander Europese lande speel: Frankryk, Ierland, Italië, Skotland en Wallis. Die Sesnasies het begin as die Tuisnasies-toernooi in 1996 wat Engeland met ’n Driekroon gewen het, d.w.s. ’n oorwinning oor al die ander drie Tuisnasies. Engeland het tot dusver 21 titels gewen.[10] Engeland het tot dusver 19 Grand Slams aangeteken, d.w.s. ’n Driekroon saam met ’n oorwinning oor Frankryk gedurende dieselfde toernooi.
- 21 titels (1996, 1997, 1999, 2000, 2001, 2003, 2006, 2007, 2008, 2009, 2010, 2011, 2012, 2017, 2019, 2020, 2021, 2022, 2023, 2024, 2025)
- 19 Grand Slams (1996, 1997, 1999, 2000, 2001, 2003, 2006, 2007, 2008, 2010, 2011, 2012, 2017, 2019, 2020, 2022, 2023, 2024, 2025)
- 25 Driekrone (1996, 1997, 1999, 2000, 2001, 2002, 2003, 2004, 2005, 2006, 2007, 2008, 2010, 2011, 2012, 2014, 2016, 2017, 2018, 2019, 2020, 2022, 2023, 2024, 2025)
Europese Vrouerugbykampioenskap
Engeland het voorheen aan die Europese Vrouerugbykampioenskap deelgeneem en vyf toernooie beklink.
- Titeloorwinnings (5): 1997, 2007, 2008, 2011, 2012
Remove ads
Spelers
Huidige span
Die volgende spelers het die Engelse span gevorm tydens die Sesnasies-vrouetoernooi 2025:[11]
Bekende spelers
Drie voormalige Engelse spelers is vir haar uitstekende prestasies in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem:[12]
Daarbenewens is Alice Cooper, Sue Dorrington, Mary Forsyth en Deborah Griffin (organiseerders van die heel eerste Vrouerugbywêreldbeker 1991) in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem.[13]
Remove ads
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads