Wu Xing
siklus van die vyf elemente in Chinese astrologie From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Wu Xing (Chinees: 五行, ook bekend as onder meer die Vyf Fases of Vyf Elemente)[1] is die kort vorm van Wǔ zhǒng liúxíng zhī qì (五種流行之氣), of "die vyf soorte chi wat op verskillende tye oorheers".[2] Dit is ’n vyfvoudige skema wat op baie tradisionele Chinese terreine gebruik word om ’n groot verskeidenheid verskynsels te verduidelik, van kosmiese siklusse tot die wisselwerking tussen interne organe, en van die opvolging van politieke regimes tot die eienskappe van medisyne. Die Vyf Elemente is vuur (火 huo), water (水 shui), hout (木 mu), metaal (金 jin) en aarde (土 tu).[3][4][5]

Die stelsel is gebruik om die wisselwerkings en verhoudings tussen verskynsels te verduidelik. Nadat dit in die 2de of 1ste eeu v.C. tydens die Han-dinastie gewild geword het, is dit op baie terreine van Chinese denke gebruik, insluitende oënskynlik uiteenlopende velde soos Feng shui, astrologie, medisyne, musiek, militêre strategie en gevegskuns. Dit word steeds as ’n verwysing gebruik in sommige vorme van medisyne en gevegskuns.
Remove ads
Name
Xing (行) of Wu Xing beteken "bewegende"; ’n planeet word in Chinees ’n "bewegende ster" (行星) genoem. Wu Xing verwys oorspronklik na die vyf belangrikste planete (Jupiter, Saturnus, Mercurius, Venus en Mars) wat vyf elemente van aardse lewe skep.[1] Die term word ook dikwels vertaal as "Vyf Elemente", en dit word veral in akupunktuur gebruik. Dié vertaling het ontstaan weens ’n verkeerde vergelyking met die Westerse stelsel van vier elemente.[6] Terwyl die klassieke Griekse elemente verband hou met stowwe of natuurlike eienskappe, gaan die Chinese xing oor "proses en verandering"; dis hoekom dit dikwels as "fases" of "agente" vertaal word.[7] Die term "Boom" word ook dikwels gebruik in plaas van "Hout".
Die vertaling "fase" word algemeen verkies, maar dié vertaling is nie perfek nie; "agente" of "prosesse" is dalk die beste vertalings van xing.
Remove ads
Siklusse
Die leerstelling van vyf fases omvat twee wisselwerkingsiklusse tussen die fases, ’n voedende of skeppende siklus (生, sheng), ook bekend as "moeder-seun", en ’n kontrolerende of vernietigende siklus (剋/克, ke), ook bekend as "oupa-nefie". Sien diagram.
Voedend
- Hout voed Vuur
- Vuur skep Aarde (as)
- Aarde bevat Metaal
- Metaal versamel Water
- Water onderhou Hout
Kontrolerend
- Hout kloof Aarde (soos boomwortels)
- Aarde absorbeer Water
- Water blus Vuur
- Vuur smelt Metaal
- Metaal kap Hout
Remove ads
Betekenisse
Die stelsel is ook bekend as die Vyf Agente, die Vyf Bewegings, die Vyf Prosesse en die Vyf Planete. Op verskillende terreine staan dit vir:
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads