Walmer
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Walmer is 'n groot, oorwegend wit en Engelssprekende voorstad van Port Elizabeth, die grootste stad in die Oos-Kaap, Suid-Afrika.

Walmer is sowat 2 km suid van die Baai se stadsaal geleë en noord en wes van Port Elizabeth se internasionale lughawe. Dit was van 1899 tot 1965 'n onafhanklike munisipaliteit, toe dit ingelyf is by Port Elizabeth. Om 'n rede wat die bron nie verstrek nie, is dit genoem na Walmer Castle, die setel van die hertog van Wellington in Kent, Engeland.
Vir sensusdoeleindes beslaan Walmer 7,42 km². In 2011 het die inwoners 6 792 getel, van wie meer as 81 persent wit en amper 73 persent Engelssprekend was. Die tweede grootste huistaal was Afrikaans (17,81 persent) en die derde Xhosa (amper 5 persent).[2]
Remove ads
Sien ook
Bron
- (en) Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers.
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads