Walter Baade

From Wikipedia, the free encyclopedia

Walter Baade
Remove ads

Wilhelm Heinrich Walter Baade (24 Maart 1893 – 25 Junie 1960) was ’n Duitse sterrekundige wat van 1931 tot 1959 in die VSA gewerk het.

Kitsfeite Gebore, Sterf ...

Prestasies

In 1920 het Baade 944 Hidalgo ontdek; dit was die eerste van ’n klas kleinplanete wat nou sentoure genoem word en die wentelbaan van groot planete kruis.

Tydens die Tweede Wêreldoorlog het hy die verdonkeringstoestande (wat ligbesoedeling verminder) gebruik om vir die eerste keer sterre in die Andromeda-sterrestelsel te onderskei. Vanweë dié waarnemings het hy afsonderlike "populasies" vir sterre bepaal (populasie I en II). Dit het hom ook gelei tot die ontdekking dat daar twee soorte Cepheïed- veranderlike sterre was. Daarmee het hy die grootte van die heelal bereken en die vorige raming van 1929 verdubbel.[1][2][3]

Saam met Fritz Zwicky het hy supernovas geïdentifiseer as ’n nuwe kategorie ruimteverskynsels.[4][5] Hy en Zwicky het ook die bestaan van neutronsterre voorspel en dat supernovas neutronsterre kan skep. Verder het hy 10 asteroïdes ontdek.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads