Wapenwedloop
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
'n Wapenwedloop is 'n kompetisie tussen twee of meer mededingende partye om die beste gewapende magte te hê. Elke party kompeteer om groter getalle wapens, groter weermagte, of beter militêre tegnologie te produseer. 'n Wapenwedloop tussen state geskied gewoonlik in vredestyd.

Geskiedenis
Rusland en Frankryk versus Brittanje
Die eerste wapenwedloop in moderne tyd het in die laat negentiende eeu afgespeel waar Rusland en Frankryk vir Brittanje uitgedaag het in die konteks van spanning wat as gevolg van Brittanje se koloniale uitbreiding ontstaan het. Rusland en Frankryk het beide hul vlote begin uitbrei en verbeter. Die Britte het gereageer met vasberadenheid om die meesters van die see te bly. Die uiteindelike gevolg was nie oorlog nie, maar eerder 'n Anglo-Franse politieke skikking in 1904 en die Anglo-Russiese Konvensie van 1907.[1]
Koue Oorlog
Die opbou van wapens was ook 'n kenmerk van die Koue Oorlog tussen die VSA en die Sowjetunie, alhoewel die ontwikkeling van kernwapens hierdie wedloop verander het en totaal laat verskil het van die tradisionele wapenwedloop.
Remove ads
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads