Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad

Suid-Afrikaanse wetenskaplike navorsing en ontwikkelings organisasie From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Die Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad (WNNR) is ’n navorsingsinstelling en ontwikkelingsorganisasie in Suid-Afrika. Dit is op 5 Oktober 1945 gestig[1] en het sy eie kampus in Pretoria. Dit is die grootste navorsings- en ontwikkelingsorganisasie in Afrika en is verantwoordelik vir ongeveer 10% van die totale navorsingsbegroting van Afrika. Daar is ongeveer 3 000 tegniese en wetenskaplikes werksaam, wat dikwels in multidissiplinêre spanne saamwerk.

Remove ads
Thumb
Die Skyfly, ’n WNNR/Aerotek teikenrobotprototipe van 1992 by die Suid-Afrikaanse Lugmagmuseum

Die WNNR se hoof navorsingsareas is:[2]

  • Biowetenskap
  • Bou-omgewing
  • Verdediging, vrede, veiligheid en sekuriteit
  • Inligting- en kommunikasietegnologie
  • Lasertegnologie
  • Materiaalkunde en vervaardiging
  • Mobiele intelligente outonome stelsels
  • Nanotegnologie
  • Natuurlike hulpbronne en die omgewing
  • Ruimtetegnologie
  • Sintetiese biologie
Navorsingsentrums by die WNNR
  • Nasionale Lasersentrum
  • Meraka-instituut
  • Sentrum vir Myninnovasie
Remove ads

Voorsitters

  • Dr. Basil Schonland – Stigterspresident (1945–1951)
  • Dr. P.J. du Toit (1951–1952)
  • Dr. S. Meiring Naudé (1952–1971)
  • Dr. Chris Brink (1971–1980)
  • Dr. Chris Garbers (1980–1984)
  • Dr. Brian Clarke (1984–1994)
  • Dr. Geoff Garrett (1994–2000)
  • Albert Jordaan (2001)
  • Dr. Sibusiso Sibisi (2002–huidig)[3]

Presidente

Meer inligting President, Periode ...

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads