Willem-Alexander van die Nederlande

Koning van die Koninkryk van die Nederlande (2013) From Wikipedia, the free encyclopedia

Willem-Alexander van die Nederlande
Remove ads

Willem-Alexander Claus George Ferdinand, Koning van die Nederlande, Prins van Oranje-Nassau, Jonkheer van Amsberg (gebore op 27 April 1967) is sedert 30 April 2013 die koning (staatshoof) van die Koninkryk van die Nederlande (bestaan uit Aruba, Curaçao, Nederland en Sint Maarten). Hy was sedert 1980 die troonopvolger van die Koninkryk van die Nederlande. Willem-Alexander is die oudste kind van Koningin Beatrix en Prins Klaus van Amsberg en is sedert sy vader se dood in 2002 die hoof van die Huis van Amsberg.

Kitsfeite Vorstehuis, Regeer ...

Willem-Alexander het in die Koninklike Nederlandse Vloot gedien en in geskiedenis aan die Universiteit van Leiden gestudeer. Hy is in 2002 met Máxima Zorreguieta Cerruti getroud. Hulle het drie dogters: prinses Catharina-Amalia (gebore 2003), prinses Alexia (gebore 2005) en prinses Ariane (gebore 2007).

Op 28 Januarie 2013 kondig sy moeder aan dat sy op 30 April 2013, op Koninginnedag, gaan abdikeer.[2] Willem-Alexander het haar in die posisie as koning opgevolg. Nadat hy die troon bestyg het, het hy die eerste koning sedert die dood van sy groot-oupagrootjie, Willem III in 1890, geword.[3]

Remove ads

Volledige titel

Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads