Wordle

2021 webgebaseerde woordraai-speletjie From Wikipedia, the free encyclopedia

Wordle
Remove ads

Wordle is 'n aanlyn webblaaierspeletjie wat geskep is deur Josh Wardle, 'n programmeerder van Brooklyn.[1] Die woordspel kom grootliks ooreen met die speletjie Lingo en is soortgelyk aan Mastermind; spelers het ses pogings om 'n (Engelse) woord van 'n bekende aantal letters te raai. Elke keer as 'n woord ingevoer word, kan die speler wenke uit die kleure van die letters lees wat inligting blootlê oor die woord wat geraai moet word. Letters wat op die regte plek is in die woord wat geraai word, is groen gekleur, letters wat in die woord voorkom, maar nie op die regte plek is nie, is geel. Letters wat nie in die woord verskyn nie, is grys. Die doel is om die woord in so min moontlike pogings reg te raai, soveel moontlik inligting te onttrek deur strategiese keuses te maak. Elke 24 uur is 'n nuwe woord beskikbaar om te raai.

Thumb
Skermskoot, van 'n tipiese resultaat van die aanlyn woordraai-speletjie Wordle
Remove ads

Gewildheid

Thumb
Wortel, Afrikaanse Wordle weergawe.

Die speletjie het sedert sy ontstaan vinnig in gewildheid gegroei. Dit is deels omdat Wordle dit maklik gemaak het om die vordering van jou eie speletjie-uitkoms met ander te deel. Dié vermoë is egter eers in Desember 2021 geïmplementeer, nadat skepper Josh Wardle opgemerk het dat gebruikers hul resultate fiktief deel deur gekleurde emoji-blokke te gebruik. Baie spelers het hul daaglikse resultate op sosiale media geplaas, wat Wordle vinnig aan 'n wyer gehoor bekend gestel het.[2] Waar in November 2021 net 90 mense die speletjie gespeel het, was daar twee maande later reeds 300 000 mense.[3]

Remove ads

Verkoop

Op 31 Januarie 2022 het Josh Wardle en The New York Times-maatskappy aangekondig dat dié maatskappy die regte van die speletjie vir meer as 'n miljoen dollar sou koop.[4] Die New York Times het belowe dat die speletjie aanvanklik gratis vir spelers beskikbaar sal bly.

Afrikaans

Aanlyn Afrikaanse weergawes staan bekend as Wortel en Watse.

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads