Yasin

From Wikipedia, the free encyclopedia

Yasin
Remove ads

Yâsîn (Arabies: يٰسٓ, "Jaasien") is die 36ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 83 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar. Sommige geleerders glo vers 12 kom uit die Medinese tydperk.[1] Hoewel die soera in djoes 22 begin, kom die grootste deel in djoes 23 voor.

Kitsfeite
Thumb
Dubbelbladsy met geïllustreerde rame wat die begin uitmaak van die soera "Jaasien" in 'n Maleisiese Koranmanuskrip. 2de helfte van die 19de eeu. Britse Biblioteek.
Remove ads

Opsomming

Dié soera begin met die allegoriese letters (muqattaʿat) jaasien (jaa, sien). Hoewel die betekenis van die letters hoofsaaklik onbekend is, debatteer Moslemse akademici daaroor. Een van die vertolkings is dat dit "O mens!" beteken en na Mohammed verwys, want die verse wat daarop volg, word vertaal as: "By die Qur’ãn, vol van wysheid! U is inderdaad een van die boodskappers".[2][3]

Die fokus van die hoofstuk is om die Koran te vestig as 'n goddelike bron, en dit waarsku diegene wat God se openbaringe bespot en hardkoppig is. Dit vertel van die strawwe wat vorige generasies ongelowiges moes verduur as 'n waarkuwing vir huidige en toekomstige generasies. Die soera vertel ook van God se soewereiniteit soos gesien kan word in sy skeppings en van die herrysenis.

Remove ads

Verwysings

Skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads