Ystervarkpunt-vuurtoring
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Ystervarkpunt-vuurtoring is 'n vuurtoring by Ystervarkpunt, ongeveer 80 km suidwes van Mosselbaai tussen Gouritsmond en Stilbaai in die Wes-Kaap.
Die huidige toring is 'n 22 meter hoë, ronde betontoring wat in rooi en wit spiraalbande geverf is, met 'n fokale vlak van 50 meter. Dit lewer 'n wit flits elke 10 sekondes.[1]
Geskiedenis
Die eerste toring was 'n 24 meter hoë aluminium-tralietoring met 'n galery en lantern wat in 1964 opgerig is. Die tralietoring was swart geverf met horisontale geel strepe. Die huidige betontoring het dit in 2006 vervang.[2]
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads