ZDF

Duitse televisie-uitsaaier vir openbare dienste From Wikipedia, the free encyclopedia

ZDF
Remove ads

Die ZDF, 'n afkorting van Zweites Deutsches Fernsehen (Duits: [ˌtsvaɪ̯təs ˌdɔʏ̯tʃəs ˈfɛɐ̯nzeːən]; "Tweede Duitse Televisie"), is 'n openbare Duitse uitsaaikorporasie met sy hoofkwartier in Mainz. Die ZDF is volgens 'n ooreenkoms van die Duitse deelstate in die lewe geroep en word deur lisensiegelde en advertensies gefinansier.

Kitsfeite Gestig, Gesluit ...
Thumb
Die ZDF se uitsaaisentrum in Mainz-Lerchenberg
Thumb
ZDF-ateljee in Hamburg

Die ZDF het op 1 April 1963 begin om 'n tweede openbare televisiekanaal (naas dié van die ARD) vanuit sy ateljee in Eschborn, Hesse uit te saai. In 1967 het die ZDF na kleurtelevisie oorgeskakel. Die hoofkwartier en ateljees is in 1974 na Mainz-Lerchenberg in Rynland-Palts verskuif. Daarnaas bedryf die uitsaaikorporasie kleiner ateljees in Duitse deelstaathoofstede.

Remove ads

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads