Zinkplaat
Suid-Afrikaanse rockgroep From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Zinkplaat was 'n Afrikaanse rockgroep. Die groep is in 2002 in 'n koshuiskamer in Paul Roos Gimnasium deur Bertie Coetzee begin met Beer Adriaanse, Basson Laubscher en Beitel van der Merwe wat kort daarna aangesluit het.[1]
Dié groep het 'n EP, vier vollengte albums en sestien video's op MK (wat op die Top 10 lyste was) agter hulle naam. Hulle albums is al vir Tempo- sowel as Sama toekennings benoem. Hulle het al verskeie verskynings op televisie, radio-onderhoude, koerant- en tydskrifartikels en nasionale toere en feeste gemaak. Sommige hiervan is landwyd op televisie uitgesaai, soos Ubuntoer I & II, ses Avontoere, Splashy Fen, Aardklop, RAKA I & II, ensovoorts.
Zinkplaat het in 2006 ‘n draai in Engeland gemaak en in 2009 teruggekeer daarheen vir die Immergroen-fees. Hul album Retrospekulasie is op 26 April 2013 in Wolseley bekendgestel.
Remove ads
Diskografie
- 2003: Karoo Poison
- 2006: Miskruier Gaan See Toe
- 2007: Musiek Uit Die Geraas
- 2009: Mooi Besoedeling
- 2013: Retrospekulasie
Verwysings
Sien ook
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads