Kaapse glasogie
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Kaapse glasogie (Zosterops virens) is 'n algemene spesie van standvoël wat in boomveld, woude, ruigtes, plantasies en tuine in Suider-Afrika voorkom. Die voël is 11 sentimeter groot en weeg 11 gram. In Engels staan die voël bekend as die Cape white-eye.
Die Gariepglasogie (Z. pallidus) is voorheen as dieselfde spesie as Z. virens beskou, maar word nou as 'n aparte spesie geag.
Remove ads
Taksonomie

Daar is twee subspesies:
- Z. v. capensis – suidwestelike Suid-Afrika en Lesotho en aangrensende westelike KwaZulu-Natal
- Z. v. virens – oostelike en suidoostelike Botswana, oostelike en noordelike Suid-Afrika, en Eswatini en aangrensende suidwestelike Mosambiek
Die subspesies hibridiseer wanneer hulle in kontak met mekaar kom.
Ander name
Van die streeksname vir die voël sluit in: meelogie, kersogie, ringogie en piet-la-pok.[4]
Sien ook
Bron
- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-928-1
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads