’n Nimf is in die Griekse mitologie ’n vroulike gees wat gewoonlik met ’n sekere plek of voorwerp verbind word, soos riviere, bome, fonteine en berge. Ander nimfe, altyd in die vorm van jong, hubare meisies, was deel van die gevolg van ’n god of godin soos Dionusos, Hermes, Pan of Artemis. Nimfe was dikwels die teiken van saters.
Die nimmersat is 'n algemene standvoël in Afrika suid van die Sahara en dele van westelike Madagaskar. Dit behoort tot die ooievaaragtiges en is die enigste van vier nimmersatspesies wat in Afrika voorkom. Die voël is 95 – 105 cm groot en weeg 1,2 tot 2,4 kg. Die voël broei koloniaal saam met ander ooievaars, reiers, witreiers, ibisse en kormorante. In Engels staan dit as die yellow-billed stork bekend.
Nimrod, ’n Bybelse figuur wat beskryf word as koning van die land Sinar (Mesopotamië), was volgens Genesis en Kronieke die seun van Kus. Volgens die Bybel was hy "’n dapper jagter in die oë van die Here" en "die eerste maghebber op die aarde". Tradisies buite die Bybel wat hom met die Toring van Babel verbind, het gelei tot sy reputasie as ’n koning wat teen God gerebelleer het.