Kaapstad
Stad in die Wes-Kaap, Suid-AfrikaKaapstad is een van die drie hoofstede van die Republiek van Suid-Afrika. Dit is ook die setel van die Suid-Afrikaanse parlement. Die ander twee hoofstede is Pretoria en Bloemfontein. Hierbenewens is Kaapstad die administratiewe en parlementêre hoofstad van die provinsie Wes-Kaap en die naasgrootste stad in Suid-Afrika ná Johannesburg. Die Kaapstad Internasionale Lughawe is die naasgrootste lughawe in die land ná Johannesburg–O.R. Tambo.
Read article




