Bongani Mayosi
From Wikipedia, the free encyclopedia
Bongani Mawethu Mayosi (28 Januarie 1967 – 27 Julie 2018) was'n Suid-Afrikaanse professor in kardiologie aan wie sy land se hoogste eerbewys, die Orde van Mapungubwe (silwer), in 2009 toegeken is.[1] Hy was die dekaan van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe aan die Universiteit van Kaapstad en 'n A-gegradeerde Nasionale Navorsingstigtingnavorser.[2] Hy was voorheen hoof van die Departement Geneeskunde aan die Universiteit van Kaapstad en die Groote Schuur-Hospitaal.[3] Sy vader was 'n dokter en so ook sy vrou; sy navorsing het rumatiekkoors, tuberkuleuse perikarditis en kardiomiopatie ingesluit.[4][5] Hy was 'n lid van die Akademie vir Wetenskap van Suid-Afrika en 'n voormalige president van die Kollege van Geneeskunde van Suid-Afrika.[6]
Kitsfeite Gebore, Oorlede ...
Bongani Mayosi | |
Gebore | (1967-01-28)28 Januarie 1967 Mthatha, Suid-Afrika |
---|---|
Oorlede | 27 Julie 2018(2018-07-27) (ouderdom 51) Kaapstad, Suid-Afrika |
Nasionaliteit | Suid-Afrikaner |
Alma mater | Nelson R Mandela Skool vir Geneeskunde, Universiteit van KwaZulu-Natal Universiteit Kaapstad Universiteit Oxford |
Bekend vir | Professor in Geneeskunde Dekaan van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe |
Sluit