Chongoni-rotskunsgebied
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Chongoni-rotskunsgebied is in die Sentrale Streek van Malawi en bestaan uit 127 terreine op die beboste heuwels van die Malawiplato met uitbeeldings van rotskuns en -tekeninge deur die jagters- en die landbougemeenskap van die Laat Steentydperk en Ystertydperk.[1] Hierdie antieke vorm van die uitbeelding van die kulturele geskiedenis is vandag nog gewild.[2]
Chongoni-rotskunsgebied | ||
’n Rotstekening in die Chongoni-rotskunsgebied. | ||
Koördinate | 14°17′36″S 34°16′54″O | |
Land | Malawi | |
Streek | Dedza-distrik, Sentrale Streek | |
Oppervlakte | 126,4 km2 | |
Unesco-wêrelderfenisgebied | ||
Tipe | Kultureel | |
Kriteria | iii, vi | |
Verwysing | 476 | |
Streek† | Afrika | |
Beskrywing* | Chongoni Rock-Art Area | |
† Streek soos deur Unesco geklassifiseer. * Naam soos op die Wêrelderfenislys |
Die rotskuns is op granietformasies aangebring en bestaan uit uitbeeldings wat toegeskryf word aan die Twa-jagtersgemeenskap, wat in die Steentydperk hier gewoon het, en die Chewa-landbougemeenskap, wat die gebied in die Ystertydberk bewoon het.[1] Vanweë dié kulturele belangrikheid is die gebied in 2006 tot ’n Unesco-wêrelderfenisgebied verklaar; die kriteria is die ryk kulturele tradisies van die rotskuns en die voortdurende skakel met die hedendaagse gemeenskap.[1] Die kuns, wat rituele en seremonies uitbeeld, is meestal die handewerk van die vroue van die Chewa-stam.[1] Die tradisie word voortgesit deur die Bantoevolke in Changoni.[3]