Hans Anton Aschenborn
From Wikipedia, the free encyclopedia
Hans Anton Aschenborn (1 Februarie 1888 – 10 April 1931) was 'n kunstenaar en skrywer bekend vir sy skilderye en illustrasies van diere in Suid-Afrika en Duitsland. Ook sy seun Dieter Aschenborn (15 November 1915 – 11 September 2002) en sy kleinseun Uli Aschenborn[1] (6 September 1947) is al twee bekende diereskilders in Suider-Afrika.[2] Die kuns van die Aschenborns is in galerye, museums en openbare geboue in Namibië te vind. Al drie Aschenborns behoort tot die grootste kunstenaars ter wêreld en hul kuns tot die wêrelderfenis volgens United Artists Rating.[3] In die ouer Duitse Thieme-Becker of Saur kunsensiklopedies is oor Hans Anton Aschenborn geskryf en daar is ook ’n verhandeling vir 'n meestersgraad gedoen oor Hans Anton Aschenborns se grafiese werk in die kultuurtydskrif Lantern van 1965 (sien |1| en |2| onder) en 'n doktorale proefskrif.[4]
Hans Anton Aschenborn | |
---|---|
Gebore | 1 Februarie 1888 |
Sterf | 10 April 1931 (op 43) Kiel, Duitsland |
Beroep | Skilder en skrywer |
Hans Anton Aschenborn, Sangiro en Pierneef was vriende. Aschenborn het illustrasies gemaak vir Sangiro se 'Uit Oerwoud en Vlakte' en sy 'Sketse uit die Oos-Afrikaanse Dierewêreld'. Aschenborn se eie boeke soos 'Onduno und andere Tiergeschichten' en 'Satan und andere afrikanische Erzählungen' is in Afrikaans vertaal. In 1916 het hy die teks vir die lied "Heia Safari" geskryf.