In 2018 het die kunstenaarsvereniging "L'Ensad Alumni Paris, l'Association des anciens élèves die l'Ecole nasionale supérieure des art decorates" in Parys Uli Aschenborn as erelid aanvaar.[9][10][11] Uli is veral bekend vir sy dinamiese diereskilderye en landskappe van Afrika (vergelyk foto's en video's 7 tot 10 ). In Namibië vertoon die museums in Swakopmund en Windhoek en die Nasionale Kunsgalery van Namibië kunswerke van Uli.[2][12][5]Uli, wat in AkenDuitsland lewe, begin ook al hoe bekender raak in Europa.[13][13][14][15] Daar is in Windhoek ook ’n Aschenbornstraat en 'n Hans Aschenborn Road in Mitchells Plein (Kaapstad).
Uli geniet aansien as 'n restoureerder van Afrikaanse en Europese skilderye, en het ook 'n paar merkwaardige muurskilderye in Namibië gedoen (soos by Düsternbrook, Okapuka, die Cañon Lodge, Kings Den en meer). Hy het ook al verskeie hekke ontwerp.
[16]