Jakhalsdans
From Wikipedia, the free encyclopedia
Jakhalsdans is 'n vollengte Afrikaanse rolprent met Engelse onderskrifte wat op Loxton geskiet is en op 23 April 2010 in teaters begin draai het. Die regisseur is die Oscar-benoemde Darrell Roodt.
Kitsfeite Jakhalsdans, Regisseur ...
Jakhalsdans | |
---|---|
Regisseur | Darrell Roodt |
Produksieleier | Shaun Goetsch |
Draaiboek | Draaiboek: Deon Meyer |
Met | Theuns Jordaan Neil Sandilands Elizma Theron Christina Storm Janke Bruwer |
Musiek deur | Anton L'Amour |
Kinematografie | Andrew Tolmay |
Redigeerder | Ronelle Loots |
Ateljee | Makadi Entertainment[1] Welela Studios[1] |
Verspreider | Indigenous Film Distribution[1] |
Uitgereik | 2010 |
Speeltyd | 93 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
Amptelike webtuiste | |
IMDb-profiel |
Sluit
Die première van die rolprent is vir die eerste keer op 27 Februarie 2010 op die gelyknamige plaas Jakhalsdans net buite Loxton vertoon. Geld wat tydens die première ingesamel is, is ten bate van die dorp se skool en kinders aangewend.[2]
Jakhalsdans word as die eerste volwaardige Afrikaanse liefdesfliek in 15 jaar sedert Die Storie van Klara Viljee beskryf. Die rolprent het in die eerste week na uitreiking R1,7 miljoen verdien met 43 000 mense wat in teaters daarna gaan kyk het.[3]