Jeffreysbaai
From Wikipedia, the free encyclopedia
Jeffreysbaai (Engels: Jeffreys Bay of J-Bay) is 'n vakansiedorp in die suidwestelike Oos-Kaap, Suid-Afrika wat bekendheid verwerf het as die land se gunstelingplek vir branderplankry waar ook internasionale wedstryde soos die Billabong Pro Surf Festival gehou word. Die Billabong-wedstryd is in 2013 vervang deur die JBay Open of Surfing as deel van die JB Winter Fest waarin musiek en sport sentraal staan. Na regs brekende Super tube-golwe in Jeffreysbaai kan hoogtes van drie en lengtes van 800 meter bereik.
Kitsfeite Jeffreysbaai (en) Jeffreys Bay, Land ...
Jeffreysbaai (en) Jeffreys Bay | |
---|---|
Byname: J-Bay | |
Koördinate: 34°02′S 24°55′O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Distrik | Cacadu |
Munisipaliteit | Kouga |
Stigting | 1849 |
Oppervlak | |
• Totaal | 20,79 km2 (8,03 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 27 107 |
• Digtheid | 1 304/km2 (3 380/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 38.9% |
• Indiërs/Asiërs | 0.2% |
• Bruin mense | 22.7% |
• Swart mense | 37.5% |
• Ander | 0.7% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 54.4% |
• Xhosa | 28.8% |
• Engels | 11.8% |
• Ander | 5.0% |
Poskode (strate) | 6330 |
Poskode (posbusse) | 6330 |
Skakelkode | 042 |
Sluit
Jeffreysbaai is 20 km oos van Humansdorp en 50 km wes van Port Elizabeth geleë en val onder beheer van die Kouga Plaaslike Munisipaliteit.