Johann Botha (aanbieder)
Suid-Afrikaanse aanbieder op radio en televisie, en dokumentêrvervaardiger / From Wikipedia, the free encyclopedia
Johannes Petrus (Johann of Grotman) Botha (8 Augustus 1963 – 7 Junie 2017) was 'n veelsydige Afrikaanse aanbieder op radio en televisie, en dokumentêrvervaardiger. Hy was benewens ook 'n skubaduik-, musiek-, poësie-, Afrikaans- en skaakentoesias.[1] Hy het veral bekendheid verwerf vir sy betrokkenheid by die SAUK se omgewingsbewustheidsprogram, 50/50. By RSG en Pretoria FM was hy 'n gewilde radioaanbieder, en was verantwoordelik vir klassieke programme soos Dis Opera, Die Tweede Beweging, Spookstasie, Tempo, Botha Blues en Nagmusiek. Hy is beskou as een van die beste Afrikaanse radioaanbieders van sy generasie en het volgens ATKV met vele nominasies tot ATKV-mediaveertjies vir beide sy radio en TV-werk mee gespog. Die beheerliggaam het verder oor Botha gekenmerk dat "sy veelsydigheid het geen perke geken nie." Botha was by geleentheid ook rugby- en krieketkommentator. Hy het 'n kenmerkende loslit en plat-op-die-aardestyl gehad, en het verkies om kaalvoet te loop, met geskeurde T-hemp, en hare wat baie lank gedra is.[2] In 2008 het Botha met die ATKV-mediaveertjie weggestap vir Dis Opera.
- Hierdie artikel handel oor die Suid-Afrikaanse aanbieder en dokumentêrvervaardiger. Vir die outeur, sien Johann Botha (skrywer).
Johann Botha | |
---|---|
Gebore | Johannes Petrus Botha (1963-08-08)8 Augustus 1963 |
Sterf | 7 Junie 2017 (op 53) |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Alma mater | Universiteit van Pretoria |
Beroep | TV- en radio-aanbieder |
Bekend vir | Dokumentêre programme |
Eggenoot | Hermien de Vos (geskei) |
Geloof | Christen |