Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit (voorheen bekend as die Boland-distriksmunisipaliteit)
is 'n distriksmunisipaliteit in die sentrale Wes-Kaap, wat die dorpe Wellington, Robertson, Ceres, Montagu, De Doorns, Worcester, Wolseley, Tulbagh, Bonnievale, Touwsrivier, Ashton, Franschhoek, Rawsonville, Stellenbosch, die Paarl en McGregor omvat.
| |||
Provinsie | Wes-Kaap | ||
Tipe | Distriksmunisipaliteit | ||
Munisipale kode | DC2 | ||
Plaaslike munisipaliteite | Langeberg, Breedevallei, Drakenstein, Stellenbosch, Witzenberg | ||
Hoofstad | Worcester | ||
Burgemeester | Helena von Schlicht (DA) | ||
Grootste tale | Afrikaans, Xhosa, Engels | ||
Oppervlakte | 21 473 km² | ||
Bevolking | 787 490 (2011) |
Die setel van die munisipaliteit is in Worcester. Die meeste inwoners in die munisipale gebied is Afrikaanssprekend. Die munisipaliteit se kode is DC2.